Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 3:12-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle dit nie glo nie, hoe sal julle My glo as Ek julle van die hemelse vertel?

13. Niemand het opgegaan in die hemel in nie, behalwe Hy wat uit die hemel uit afgekom het, naamlik die Seun van die mens: Hy wat in die hemel isNum 21:6-9

14. en net soos Moshe die slang in die wildernis opgelig het, so sal die Seun van die mens opgelig word

15. sodat elke mens wat in Hom vertrou, nie verlore sal wees nie, maar die ewige lewe sal hê,1 Yog 4:9,10

16. want op dié manier het God die wêreld liefgehad: só, dat Hy Sy enigste uniekgebore Seun opgegee het sodat elkeen wat in Hom vertrou, nie verlore sal wees nie, maar die ewige lewe sal hê,

17. want God het nie Sy Seun in die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat Hy lewe aan die wêreld kan gee deur Sy hand.

18. Wie ook al in Hom vertrou, word nie geoordeel nie, maar hy wat nie vertrou nie, is nou alreeds veroordeel omdat hy nie vertrou het in die Karakter en Outoriteit (Naam) van die enigste Uniekgebore Seun van God nie.

19. Dit is die veroordeling: die Lig het in die wêreld gekom en die mense het die duisternis eerder liefgehad as die Lig, want hulle dade was boos,

20. want elkeen wat doen wat haatlik is, haat die Lig en kom nie na die Lig nie sodat sy dade nie veroordeel kan word nie,Efe 5:13

21. maar hy wat die waarheid doen, kom na die Lig sodat sy dade openbaar kan word, dat hulle deur God gedoen is.”

22. Na hierdie dinge het Yeshua en Sy studentevolgelinge na die streek van Y’hudah gegaan en daar het Hy saam met hulle gewerk en gedoop,

23. maar Yoganan was ook besig om te doop in Einayim, wat langs Shalem is, omdat daar water was en baie mense aangehou kom het en gedoop is,

24. want Yoganan is nog nie in die tronk gegooi nie.

25. Daar het ’n strydvraag ontstaan tussen ’n studentevolgeling van Yoganan en ’n sekere Jood oor die seremoniële reiniging

26. en hulle het na Yoganan gekom en vir hom gesê: “Leermeester, Hy wat saam met u oorkant die Yarden was, van Wie u getuig het, let op, Hy doop ook en baie gaan na Hom toe.”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 3