Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 20:7-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. en die grafkleed, wat oor Sy kop was, sien hy nie by die linne doeke lê nie, maar opgerol op ’n plek eenkant.

8. Toe het ook die ander studentevolgeling, wat eerste by die graf gekom het, ingegaan en hy het gesien en vertrou.

9. Die studentevolgelinge het weer huis toe gegaan,Ps 16:10

10. want hulle het nog nie vanuit die Skrifte verstaan dat Hy uit die dood uit moes opstaan nie,

11. maar Miryam het by die graf gestaan, hardop gehuil en al huilende, ingekyk in die graf in

12. en twee engele daar gesien sit met wit klere aan, een by die kussing en een by die voete waar die liggaam van Yeshua gelê het

13. en hulle vra vir haar: “Vrou, waarom huil jy?” Sy antwoord hulle: “Omdat hulle my Meester weggevat het en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.”

14. Toe sy dit gesê het, draai sy om agtertoe en sien Yeshua staan en sy het nie geweet dat dit Yeshua was nie.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 20