Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 20:20-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Nadat Hy dit gesê het, wys Hy vir hulle Sy hande en Sy sy en die studentevolgelinge was bly omdat hulle ons Meester gesien het.

21. Yeshua sê weer vir hulle: “Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir julle! Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”

22. Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: “Ontvang die Gees van Afsondering.

23. As julle iemand hulle sondes vergewe, dan is dit hulle vergewe. As julle iemand hulle sondes laat behou, dan is dit gehou.”

24. T’oma, wat genoem is ‘Tweeling,’ een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Yeshua gekom het nie.

25. Die studentevolgelinge het vir hom gesê: “Ons het ons Meester gesien,” maar hy het hulle geantwoord: “As ek nie in Sy hande die spykerwonde sien en my vinger in die spykerwonde steek en my hand in Sy sy steek nie, dan sal ek nie vertrou nie.”

26. Na agt dae was Sy studentevolgelinge weer binne en T’oma was saam met hulle en terwyl die deure gesluit was, het Yeshua gekom en tussen hulle gestaan en gesê: “Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir julle!”

27. Hy sê vir T’oma: “Sit jou vinger hier en let op, My hande en bring jou hand en steek dit in My sy en moenie ongelowig wees nie, maar vertrou.”

28. T’oma antwoord en sê vir Hom: “My Meester en my God!”

29. Yeshua sê vir hom: “Noudat jy My gesien het, het jy vertrou. Geseënd is díe wat nie gesien het nie en tog vertrou.”

30. Nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek opgeskryf is nie, het Yeshua in die teenwoordigheid van Sy studentevolgelinge gedoen,

31. maar hierdie is opgeskryf sodat julle kan vertrou dat Yeshua Die Gesalfde Een, die Seun van God is en wanneer julle vertrou, daar vir julle ewige lewe sal wees in Sý Outoriteit en Karakter.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 20