Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 19:2-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Die soldate het ’n kroon van dorings gevleg, dit op Sy kop gesit en vir Hom ’n pers kleed aangetrek

3. en gesê: “Wees gegroet, Koning van die Jode.” Hulle het Hom in die gesig geklap.

4. Pilatos gaan toe weer na buite en sê vir hulle: “Let op, ek bring Hom vir julle uit na buite sodat julle kan weet dat ek in Hom geen skuld vind nie, niks nie.”

5. Yeshua het uitgekom na buite toe en die doringkroon en die pers kleed gedra en Pilatos sê vir hulle: “Let op, hier is die Man!”

6. Toe die leierpriesters en die wagte Hom sien, skree hulle en sê: “Kruisig Hom, kruisig Hom!” Pilatos sê vir hulle: “Vat julle Hom en maak Hom dood aan ’n kruis, want ek vind geen skuld in Hom nie.”

7. Die Jode antwoord hom: “Ons het ’n wet en volgens ons wet moet Hy doodgemaak word omdat Hy Homself die Seun van God gemaak het.”

8. Toe Pilatos dit hoor, het hy nog banger geword

9. en weer in die kantore ingegaan en vir Yeshua gevra: “Van waar is U?” Yeshua het hom egter geen antwoord gegee nie.

10. Hierop sê Pilatos vir Hom: “Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek outoriteit het om U dood te maak aan die kruis en outoriteit het om U los te laat nie?”

11. Yeshua antwoord: “U sou geen outoriteit oor My hê as dit nie van bo vir u gegee is nie; daarom het hy wat My aan u oorgee, groter sonde as u.”

12. Hierop het Pilatos probeer om Hom los te laat, maar die Jode het geskree en gesê: “As u Hom loslaat, is u nie die keiser se vriend nie. Elkeen wat homself koning maak, is in opstand teen die keiser.”

13. Toe Pilatos dit hoor, het hy Yeshua buitentoe gebring en op die regterstoel gaan sit in die plek wat Plaveisel genoem word, maar in Hebreeus ‘Gabta.’

14. Dit was omtrent sesuur (dagbreek) en die voorbereiding vir die Pesag en hy sê vir die Jode: “Let op, hier is julle Koning!”

15. Hulle roep egter uit: “Vat Hom weg, vat Hom weg, kruisig Hom, kruisig Hom!” Pilatos vra vir hulle: “Moet ek julle Koning kruisig?” Die leierpriesters antwoord: “Ons het geen koning behalwe die keiser nie.”

16. Toe het hy Hom aan hulle oorgegee om aan ’n kruis doodgemaak te word. Hulle het Yeshua gevat en Hom weggelei.

17. Hy het Sy kruishout gedra en uitgegaan na die plek wat Skedel (Ar. Qaraqpatha) genoem word; in Hebreeus: Gagulta,

18. waar hulle Hom doodgemaak het aan ’n kruis en saam met Hom twee ander; een aan elke kant en Yeshua in die middel.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 19