Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 18:38-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

38. Pilatos vra vir Hom: “Wat is waarheid?” Toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode toe en sê vir hulle: “Ek vind geen skuld in Hom nie,

39. maar julle het ’n gewoonte dat ek vir julle op die Pesag iemand moet vrylaat. Wil julle daarom hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet vrylaat?”

40. Almal het uitgeskree en gesê: “Nie vir Hom nie, maar vir Bar-Abba!” Bar-Abba was ’n rower.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 18