Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 18:31-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. Pilatos sê vir hulle: “Vat julle Hom en oordeel Hom volgens julle wet.” Waarop die Jode vir hom sê: “Dit is nie wettig vir ons om iemand dood te maak nie”

32. sodat dit wat Yeshua gesê het om aan te dui watter dood Hy sou sterf vervul sou word.

33. Pilatos gaan toe weer in die goewerneur se kantore in en roep Yeshua en vra vir Hom: “Is U die Koning van die Jode?”

34. Yeshua antwoord hom: “Sê u dit uit uself, of het ander dit van My vir u gesê?”

35. Pilatos antwoord: “Is ek dan ’n Jood? U eie volk en die leierpriesters het U aan my oorgegee. Wat het U gedoen?”

36. Yeshua antwoord: “My Koninkryk is nie van hierdie wêreld nie. As My Koninkryk van hierdie wêreld was, sou My dienaars geveg het sodat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie, maar My Koninkryk is nie nou van hier nie.”

37. Pilatos sê toe vir Hom: “Dan is U tog ’n Koning?” Yeshua antwoord: “U sê dat Ek ’n Koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om van die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na My stem.”

38. Pilatos vra vir Hom: “Wat is waarheid?” Toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode toe en sê vir hulle: “Ek vind geen skuld in Hom nie,

39. maar julle het ’n gewoonte dat ek vir julle op die Pesag iemand moet vrylaat. Wil julle daarom hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet vrylaat?”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 18