Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 17:13-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. maar nou kom Ek na U toe en Ek sê hierdie dinge in die wêreld sodat My blydskap volkome in hulle kan wees.

14. Ek het U boodskap aan hulle gegee en die wêreld het hulle gehaat omdat hulle nie vanuit die wêreld is nie, net soos Ek nie vanuit die wêreld is nie.

15. Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld uit wegvat nie, maar dat U hulle teen die bose sal beskerm.

16. Hulle is nie vanuit die wêreld nie, net soos Ek nie vanuit die wêreld is nie.2 Sh'm 7:28

17. Vader, sonder hulle af in U waarheid, want U boodskap is die waarheid.

18. Net soos U My in die wêreld ingestuur het, net so het Ek hulle ook in die wêreld ingestuur

19. en Ek sonder Myself af vir hulle sodat hulle ook in waarheid afgesonderd kan wees.

20. Ek bid egter nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle boodskap in My sal vertrou

21. sodat hulle almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U is en dat hulle ook in Ons een mag wees.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 17