Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 15:16-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Julle het My nie gekies nie, maar Ek kies julle en stel julle aan om vrugte te gaan dra wat blywend is sodat wat julle die Vader ook al in My Outoriteit en Karakter vra, Hy julle sal gee.

17. Hierdie dinge beveel Ek julle sodat julle mekaar moet liefhê

18. en as die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.

19. As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eie liefgehad het, maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het; daarom haat die wêreld julle.

20. Onthou die boodskap wat Ek vir julle gebring het: ‘Daar is nie ’n slaaf wat groter is as sy meester nie.’ As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle My boodskap gehoorsaam het, sal hulle julle s’n ook gehoorsaam.

21. Al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van My Outoriteit en Karakter omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.

22. As Ek nie gekom en met hulle gepraat het nie, sou hulle geen sonde hê nie, maar nou is daar geen verwydering voor die gesig van hulle sonde nie. (Hulle sonde is weggesteek gelaat.)

23. Wie My ook al haat, haat ook My Vader.

24. As Ek nie die dade voor hulle oë gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê niePs 35:19; Ps 69:5

25. sodat die boodskap wat in hulle wet geskryf is, vervul moes word: “Hulle het My sonder oorsaak gehaat, maar nou het hulle gesien en ook My en selfs My Vader gehaat,”

26. Wanneer die Bevryder en Lewegewer, wat Ek vir julle van My Vader se Teenwoordigheid af sal stuur, die Gees van die Waarheid, Hy wat van die Teenwoordigheid van My Vader af uitgaan, gekom het, sal Hy van My getuig,

Lees volledige hoofstuk Yoganan 15