Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 13:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Voor die Pesagfees het Yeshua geweet dat die tyd aangebreek het dat Hy uit hierdie wêreld na die Vader toe sou weggaan. Hy het Sy eie wat in die wêreld is liefgehad, hulle liefgehad tot die einde toe.

2. By die maaltyd is hy, die teëstander, in die gedagtes van Y’hudah, die seun van Shim’on, van K’riot gelê sodat hy Hom sou uitlewer.

3. Yeshua, wetende dat die Vader alles in Sy hande gegee het en dat Hy van God uitgegaan het en na God toe teruggaan,

4. het van die ete af opgestaan, Sy bo-klere uitgetrek en ’n handdoek om Hom vasgemaak.

5. Hy vat water in ’n wasskottel en begin om die voete van die studentevolgelinge te was en af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 13