Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 11:51-57 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

51. Dit het hy nie uit homself gesê nie, maar omdat hy daardie jaar die hoofpriester was, het hy profeteer dat Yeshua voorberei word om in die plek van die nasie doodgemaak te word

52. en nie alleen vir die nasie nie, maar ook om die verstrooide kinders van God bymekaar te bring as een.

53. Van dié dag af aan het hulle beplan om Hom dood te maak.

54. Yeshua het nie meer openlik onder die Jode beweeg nie, maar daarvandaan weggegaan na die streek naby die wildernis, na ’n stad wat Efrayim genoem word en Hy het daar gebly saam met Sy studentevolgelinge.

55. Die Pesagfees van die Jode was naby en baie het uit die dorpies na Yerushalayim opgegaan voor die Pesag, om hulle lewe te reinig.

56. Hulle het Yeshua gesoek en terwyl hulle in die tempel staan, sê hulle vir mekaar: “Wat dink julle, sal Hy na die fees toe kom?”

57. Die leierpriesters en die Fariseërs het ook ’n bevel gegee dat, indien iemand weet waar Hy is, hy dit moes bekend maak sodat hulle Hom kon vang.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 11