Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 11:50-54 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

50. en bereken nie dat dit vir ons voordelig is dat Een man in die plek van die nasie doodgemaak word en die hele nasie nie vernietig word nie.”

51. Dit het hy nie uit homself gesê nie, maar omdat hy daardie jaar die hoofpriester was, het hy profeteer dat Yeshua voorberei word om in die plek van die nasie doodgemaak te word

52. en nie alleen vir die nasie nie, maar ook om die verstrooide kinders van God bymekaar te bring as een.

53. Van dié dag af aan het hulle beplan om Hom dood te maak.

54. Yeshua het nie meer openlik onder die Jode beweeg nie, maar daarvandaan weggegaan na die streek naby die wildernis, na ’n stad wat Efrayim genoem word en Hy het daar gebly saam met Sy studentevolgelinge.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 11