Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 11:42-53 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

42. en Ek weet dat U My altyd hoor, maar ter wille van die skare mense wat hier staan, sê Ek dit sodat hulle kan vertrou dat U My gestuur het.”

43. Nadat Hy dit gesê het, het Hy met ’n harde stem uitgeroep: “El’azar, kom uit!”

44. Hy wat gesterf het, het uitgekom met grafdoeke aan sy hande en voete gebind en sy gesig was toegedraai met ’n doek. Yeshua sê vir hulle: “Maak hom los en laat hom gaan.”

45. Baie van die Jode wat na Miryam toe gekom het, het in Hom vertrou toe hulle sien wat Yeshua gedoen het,

46. maar sommige van hulle het na die Fariseërs gegaan en vir hulle vertel wat Yeshua gedoen het.

47. Die leierpriesters en die Fariseërs het bymekaargekom en gesê: “Wat sal ons doen, hierdie man doen baie wondertekens?

48. As ons Hom so sal toelaat, sal almal in Hom vertrou en die Romeine sal kom en ons posisie en ons nasie wegvat.”

49. Een van hulle, wie se naam Kayafa was, wat daardie jaar hoofpriester was, sê vir hulle: “Julle verstaan niks nie

50. en bereken nie dat dit vir ons voordelig is dat Een man in die plek van die nasie doodgemaak word en die hele nasie nie vernietig word nie.”

51. Dit het hy nie uit homself gesê nie, maar omdat hy daardie jaar die hoofpriester was, het hy profeteer dat Yeshua voorberei word om in die plek van die nasie doodgemaak te word

52. en nie alleen vir die nasie nie, maar ook om die verstrooide kinders van God bymekaar te bring as een.

53. Van dié dag af aan het hulle beplan om Hom dood te maak.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 11