Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 10:11-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die goeie Herder.

12. maar die huurling wat nie ’n herder is nie, wanneer hy ook al die wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg,

13. maar die huurling hardloop weg omdat hy ’n huurling is en nie vir die skape omgee nie en die wolf kom bytend na die skape en jaag hulle uitmekaar.

14. אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die goeie Herder, Ek ken My eie en My eie ken My,

15. net soos My Vader My ken en Ek My Vader ken en Ek My lewe aflê ter wille van die skape,Gen 12:3; Gen 18:14; Gen 26:4; Yes 11:10; Yes 54:1-3; `Am 9:11

16. maar Ek het nog ander skape wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook bring. Hulle sal ook na My stem luister en die ganse kudde sal een wees met een Herder;

17. daarom is die Vader tevrede met My omdat Ek My lewe aflê om dit weer op te neem.

18. Niemand vat dit by My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het die outoriteit om dit af te lê en Ek het die outoriteit om dit weer op te neem. Hierdie opdrag het Ek van My Vader ontvang.”

19. Weer was daar verdeeldheid onder die Jode oor hierdie boodskap

20. en baie van hulle het gesê: “Hy het ’n demoon en is mal, wat luister julle na Hom?”

21. Ander het weer gesê: “Hierdie is nie woorde van iemand wat besete is nie; kan ’n demoon die oë van blindes oopmaak?”

22. Dit was die Ganukkahfees in Yerushalayim; dit was winter

Lees volledige hoofstuk Yoganan 10