Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hudah 1:2-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. mag liefdevolle omgee, vrede, gesondheid, voorspoed, vergenoegdheid en liefde vir julle vermenigvuldig word!

3. Julle vir wie ons lief is: terwyl ek in alle erns, oor die lewe wat ons deel, skryf, is ek oortuig om julle deur my skrywe op te roep om ernstig te stry vir die vertroue wat eenmaal aan die afgesonderdes oorgegee is,

4. want mense, waaroor lank gelede reeds geskryf is vir hierdie oordeel, het toegang verkry; bose mense wat die onverdiende guns van ons God verdraai tot ’n verwerplikheid en Hom wat die enigste Meester is, God en ons Meester, Yeshua Die Gesalfde Een, ontken.

5. Ek wil julle egter herinner, soos julle reeds weet, dat God, toe Hy die volk uit Mitzrayim uitgehaal het, hulle wat nie vertrou het nie, daarna vernietig het

6. en die engele, wat nie binne hulle oorspronklike outoriteitssfeer gebly het nie, maar hulle eie lewenswyse verlaat het, vir die groot oordeelsdag in die onbekende duisternis met boeie vasgebind het.

7. Net soos S’dom, `Amorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hulle agter seksuele permissiwiteit en ander vleeslikhede aangeloop het, onder ’n demonstrasie van die straf van ewige vuur geplaas is, soos hulle skuldig bevind is tot veroordeling,

8. nét so hierdie wat in drome deur begeertes die vlees besmet en outoriteite verwerp en kwaad praat teen die Gemanifesteerde Teenwoordigheid,Z’kh 3:1-2

9. maar toe Mikha’el, die hoofengel, met die teëstander gepraat het oor die liggaam van Moshe, het hy geen oordeel van kwaadpraat teen hom gebring nie, maar hy het gesê: ‘יהוה bestraf jou!’

10. Hierdie mense praat egter kwaad teen alles wat hulle nie verstaan nie en alles wat hulle, soos redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur word hulle vernietig.Gen 4:1-16 gegaan het en agter die misleiding van Bil’amNum 22 aan, met blydskap vir geld betower is en vernietig is in die rebellie van Korag.Num 16

11. Wee hulle, wat op die pad van Kayin

12. Dit is hulle wat tekere gaan by hulle feeste terwyl hulle onrein is en hulleself voed sonder vrees; waterlose wolke deur winde rondgedrywe; dooie bome sonder vrugte, wat twee maal dood is, uitgetrek by die wortels;

13. wilde golwe van die see, wat hulle skandes wys deur hulle skuim; dwalende sterre, vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig gereserveer word.Gen 5:18-24 die sewende geslag van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: ‘Let op, יהוה kom met ’n tallose menigte van Sy afgesonderdes,

14. Hanokh,

15. om oordeel te vel oor almal en al die mense te straf; die wat boosheid gedoen het vir hulle dade en oor al die harde woorde wat die bose sondaars gesê het.’

16. Dit is hulle wat murmureer en kla oor alles terwyl hulle volgens hulle eie begeertes leef en met hulle mond skuld uitspreek en mense vlei ter wille van voordeel,

17. maar julle, vir wie ons lief is, onthou die boodskappe wat vroëer verkondig is deur die afgevaardigdes van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een,

Lees volledige hoofstuk Y'hudah 1