Ou Testament

Nuwe Testament

Ya'akov 2:4-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. let op, is julle dan nie in julleself verdeeld en het vertolkers van bose motiewe geword nie?

5. Luister, my broers vir wie ek lief is: het God nie die armes van hierdie wêreld gekies as rykes in die vertroue sodat hulle erfgename van die Koninkryk, wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet, kan wees nie?

6. Julle het egter die arm man verneder. Is dit nie die rykes wat julle onderdruk en julle voor die regbanke sleep nie?

7. Let op, is dit nie húlle wat die goeie Naam (Karakter en Outoriteit) belaster wat oor julle uitgeroep is nie?Lev 19:18 dan doen julle goed,

8. As julle die geskrewe wet van God hierin uitvoer soos dit geskryf is: jy moet jou naaste liefhê soos jouself,Deut 1:17

9. maar as julle partydig is, doen julle sonde en word julle deur die geskrewe wet veroordeel as oortreders van die geskrewe wet.Lev 4:2

10. Wie ook al die hele geskrewe wet gehoorsaam, maar in een ding struikel, word deur die hele wet skuldig bevind,Eks 20:13; Deut 5:17 As jy nie egbreuk pleeg nie, maar moord pleeg, het jy ’n oortreder van die geskrewe wet geword.

11. want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreuk pleeg nie, het ook gesê: jy mag nie moord pleeg nie.

Lees volledige hoofstuk Ya'akov 2