hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5

Ou Testament

Nuwe Testament

Ya'akov 2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. My broers, laat julle nie die vertroue van eer, lof en grootheid, van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een vashou met inagneming van ’n persoon nie,

2. want as daar in julle bymekaarkomplekke ’n man inkom met goue ringe of met ’n glansende kleed aan en daar kom ook ’n arm man in met vuil klere aanDeut 16:19; Lev 19:15; Spr 24:23

3. en julle opkyk na hom wat die glanskleed dra en vir hom sê: “Kom, sit u hier op die goeie plek” en vir die arme sê julle: “Gaan, staan jy daar of sit hier voor ons voetbank,”

4. let op, is julle dan nie in julleself verdeeld en het vertolkers van bose motiewe geword nie?

5. Luister, my broers vir wie ek lief is: het God nie die armes van hierdie wêreld gekies as rykes in die vertroue sodat hulle erfgename van die Koninkryk, wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet, kan wees nie?

6. Julle het egter die arm man verneder. Is dit nie die rykes wat julle onderdruk en julle voor die regbanke sleep nie?

7. Let op, is dit nie húlle wat die goeie Naam (Karakter en Outoriteit) belaster wat oor julle uitgeroep is nie?Lev 19:18 dan doen julle goed,

8. As julle die geskrewe wet van God hierin uitvoer soos dit geskryf is: jy moet jou naaste liefhê soos jouself,Deut 1:17

9. maar as julle partydig is, doen julle sonde en word julle deur die geskrewe wet veroordeel as oortreders van die geskrewe wet.Lev 4:2

10. Wie ook al die hele geskrewe wet gehoorsaam, maar in een ding struikel, word deur die hele wet skuldig bevind,Eks 20:13; Deut 5:17 As jy nie egbreuk pleeg nie, maar moord pleeg, het jy ’n oortreder van die geskrewe wet geword.

11. want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreuk pleeg nie, het ook gesê: jy mag nie moord pleeg nie.

12. Julle moet aanhou om só te praat en só te doen soos mense wat deur die geskrewe wet van vryheid geoordeel sal word,

13. want die oordeel is sonder verskoning teenoor die wat nie liefdevolle omgee gee nie; met liefdevolle omgee het jy heerskappy oor die oordeel.

14. Wat is die voordeel, my broers, as iemand sê dat hy die ‘geloof ’ het, maar hy het nie die dade nie? Kan sy ‘geloof ’ hom red?

15. As ’n broer of ’n suster kaal is en nie kos vir die dag het nie

16. en enige van julle sou vir hulle sê: “Gaan heen in vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid, wees warm, wees versadig, maar julle gee hulle nie dit wat vir die liggaam nodig is nie; watter voordeel het dit?

17. Net so is ook die ‘geloof ’, as dit geen dade het nie, in sigself dood,Efe 2:8-10 Wys my jou ‘geloof ’ sonder dade en ek sal jou my vertroue deur my dade wys.

18. want iemand sê vir jou: jy en ek het ‘geloof’; ek het werke.Deut 6:4 Jy doen goed. Die demone glo dit ook en hulle bewe,

19. Jy vertrou dat God één is.

20. maar wil jy weet, o nietige mens, dat die ‘geloof’ sonder werke dood is?Gen 22:1-19

21. Is Avraham, ons vader, nie vanuit sy dade onskuldig verklaar toe hy Yitz’gak, sy seun, op die altaar gesit het nie?

22. Sien jy dat sy vertroue sy dade bevestig het en dat sy vertroue volmaak geword het deur dade?Gen 15:6; Rom 4:3 en hy is ’n vriend van God genoem.”Yes 41:8; 2 Kro 20:7

23. Die Skrif is vervul wat sê: “Avraham het God vertrou en dit is hom tot onpartydige opregtheid gereken

24. Sien julle dat die mens onskuldig verklaar word deur dade en nie alleen deur die ‘geloof ’ nie?Y’ho 2:8-21; Y’ho 6:25 nie ook net so onskuldig verklaar deur haar dade toe sy die boodskappers ontvang en met ’n ander pad weggestuur het nie?

25. Is Ragav, die prostituut,

26. Net soos die liggaam sonder gees dood is, net so is ook die ‘geloof ’ sonder dade dood.