Ou Testament

Nuwe Testament

Ya'akov 2:12-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Julle moet aanhou om só te praat en só te doen soos mense wat deur die geskrewe wet van vryheid geoordeel sal word,

13. want die oordeel is sonder verskoning teenoor die wat nie liefdevolle omgee gee nie; met liefdevolle omgee het jy heerskappy oor die oordeel.

14. Wat is die voordeel, my broers, as iemand sê dat hy die ‘geloof ’ het, maar hy het nie die dade nie? Kan sy ‘geloof ’ hom red?

15. As ’n broer of ’n suster kaal is en nie kos vir die dag het nie

16. en enige van julle sou vir hulle sê: “Gaan heen in vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid, wees warm, wees versadig, maar julle gee hulle nie dit wat vir die liggaam nodig is nie; watter voordeel het dit?

17. Net so is ook die ‘geloof ’, as dit geen dade het nie, in sigself dood,Efe 2:8-10 Wys my jou ‘geloof ’ sonder dade en ek sal jou my vertroue deur my dade wys.

18. want iemand sê vir jou: jy en ek het ‘geloof’; ek het werke.Deut 6:4 Jy doen goed. Die demone glo dit ook en hulle bewe,

19. Jy vertrou dat God één is.

Lees volledige hoofstuk Ya'akov 2