Ou Testament

Nuwe Testament

Ya'akov 2:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. My broers, laat julle nie die vertroue van eer, lof en grootheid, van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een vashou met inagneming van ’n persoon nie,

2. want as daar in julle bymekaarkomplekke ’n man inkom met goue ringe of met ’n glansende kleed aan en daar kom ook ’n arm man in met vuil klere aanDeut 16:19; Lev 19:15; Spr 24:23

3. en julle opkyk na hom wat die glanskleed dra en vir hom sê: “Kom, sit u hier op die goeie plek” en vir die arme sê julle: “Gaan, staan jy daar of sit hier voor ons voetbank,”

4. let op, is julle dan nie in julleself verdeeld en het vertolkers van bose motiewe geword nie?

5. Luister, my broers vir wie ek lief is: het God nie die armes van hierdie wêreld gekies as rykes in die vertroue sodat hulle erfgename van die Koninkryk, wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet, kan wees nie?

Lees volledige hoofstuk Ya'akov 2