Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 9:4-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Hulle wat Yisra’el is, het ontvang: die plasing tot kinders,Luk 1:26-35 Hy wat God oor alles is, tot Wie lofprysing en seën is vir ’n tydlose ewigheid! Dit is waar.

5. en die vaders en vanuit hulle het Die Gesalfde Een in die vlees verskyn,

6. Dit is nie asof die boodskap van God gefaal het nie, want nie almal wat vanuit Yisra’el is, is Yisra’el nie.Gen 21:12 sal hulle jou nageslag genoem word.”Ps 105:6

7. Ook nie omdat hulle almal Avraham se nageslag is, is hulle kinders nie, want dit is gesê: “in Yitz’gak

8. Dit is: nie díe wat kinders van die vlees is, is kinders van God nie, maar die kinders van die belofte word gereken as nageslag,Gen 18:14

9. want dit is die boodskap van die belofte: “Op die bepaalde tyd sal Ek kom en Sarah sal ’n seun hê.”

10. Nie alleen dit nie, maar ook met Rivkah wat swanger was, deur een daad met ons vader Yitz’gak,

11. voordat haar kinders gebore is en nog nie enige goed of kwaad gedoen het nie, is die keuse van God openbaar sodat dit kon staan, nie vanuit dade nie, maar vanuit Hom wat roep,Gen 25:23

12. is gesê: “Die oudste sal ’n slaaf wees van die jongste.”Mal 1:2-3

13. Net soos geskrywe is: “Ya’akov het Ek liefgehad en `Esav het Ek gehaat.”Deut 32:4; Ps 92:16 ’n Verwerplike gedagte!

14. Wat sal ons daarom hieroor sê? Dat daar boosheid is by God?Eks 33:19

15. Let op, ook vir Moshe sê Hy: “Ek sal liefde wys vir wie ook al Ek lief is en My ontferming wys oor wie ook al Ek my ontferm.”

16. Gevolglik hang dit nie af van die een wat wil of deur die een wat hardloop nie, maar van God wat Omgee is,Eks 9:16; Eks 14:4

17. want Hy sê in die Skrif vir Farao: “Om hierdie rede het Ek jou laat opstaan sodat Ek in jou My krag kan wys en sodat My Karakter en Outoriteit (Naam) bekend gemaak kan word op die hele aarde.”

18. So wys Hy dan Sy omgee oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.

19. Sonder twyfel sal jy sê: “Waarom vind Hy fout, want wie is dit wat teen Sy wil staan?”Yes 29:16; Yes 45:9

20. Wie is jy daarom o mens, wat vir God ’n antwoord teruggee? Sê die een wat gevorm is aan die Een wat hom gevorm het: “Waarom het U my op dié manier gevorm?”

Lees volledige hoofstuk Romeine 9