Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 9:20-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Wie is jy daarom o mens, wat vir God ’n antwoord teruggee? Sê die een wat gevorm is aan die Een wat hom gevorm het: “Waarom het U my op dié manier gevorm?”

21. Of het die pottebakker nie outoriteit oor die klei, om uit dieselfde bol die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

22. As God Sy woede wou wys en Sy mag bekend maak, het Hy baie geduld getoon in woede teen houers van woede wat volmaak gemaak is vir die vernietiging

23. en Sy liefde loop oor op die voorwerpe van omgee wat voorberei is vir Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid,

24. vir ons wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die ander nasies.Hos 2:25

25. Net soos dit ook in Hoshea sê: “Ek sal die wat nie My volk was nie: ‘My volk’ noem en vir wie nie liefde gegee is nie: ‘jy wat Ek liefhet’Hos 2:1

26. en in die plek waar hulle nie ‘My volk’ genoem is nie, daar sal hulle genoem word ‘kinders van die lewende God’.”

27. Yesha’yahu het teen die kinders van Yisra’el verkondig: “Al is die getal van die seuns van Yisra’el soos die sand van die see, net ’n oorblyfsel sal gered word.Yes 10:22-23

28. Hy het dit kortgeknip en afgesny en יהוה sal dit doen op die aarde.” (wat Hy bepaal en besluit het, sal Hy doen op die aarde).Yes 1:9

29. Soos Yesha’yahu vroeër gesê het: “As יהוה-Tzva’ot nie vir ons ’n oorblyfsel oorgelos het nie, sou ons geword het soos S’dom en wees net soos `Amorra.”

30. Wat sal ons daarom sê? Die ander nasies, wat die onpartydige opregtheid nie nagejaag het om dit te verkry nie, het die onpartydige opregtheid ontvang, dié onpartydige opregtheid wat vanuit vertroue is,

31. maar Yisra’el, wat agter die geskrewe wet van onpartydige opregtheid aangehardloop het, het nie die wet van onpartydige opregtheid verkry nie.Yes 8:14

32. Om watter rede? Omdat dit nie vanuit vertroue was nie, maar vanuit die dade van die geskrewe wet dat hulle gestruikel het oor die Steen van struikeling.Yes 28:16 “Let op, Ek het ’n Steen van struikeling en ’n Steen van oortreding in Tziyon gelê en wie ook al in Hom vertrou, sal nie beskaam word nie.”1 Kef 2:6-8

33. Net soos geskryf is:

Lees volledige hoofstuk Romeine 9