Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 9:13-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Net soos geskrywe is: “Ya’akov het Ek liefgehad en `Esav het Ek gehaat.”Deut 32:4; Ps 92:16 ’n Verwerplike gedagte!

14. Wat sal ons daarom hieroor sê? Dat daar boosheid is by God?Eks 33:19

15. Let op, ook vir Moshe sê Hy: “Ek sal liefde wys vir wie ook al Ek lief is en My ontferming wys oor wie ook al Ek my ontferm.”

16. Gevolglik hang dit nie af van die een wat wil of deur die een wat hardloop nie, maar van God wat Omgee is,Eks 9:16; Eks 14:4

17. want Hy sê in die Skrif vir Farao: “Om hierdie rede het Ek jou laat opstaan sodat Ek in jou My krag kan wys en sodat My Karakter en Outoriteit (Naam) bekend gemaak kan word op die hele aarde.”

18. So wys Hy dan Sy omgee oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.

19. Sonder twyfel sal jy sê: “Waarom vind Hy fout, want wie is dit wat teen Sy wil staan?”Yes 29:16; Yes 45:9

20. Wie is jy daarom o mens, wat vir God ’n antwoord teruggee? Sê die een wat gevorm is aan die Een wat hom gevorm het: “Waarom het U my op dié manier gevorm?”

21. Of het die pottebakker nie outoriteit oor die klei, om uit dieselfde bol die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

Lees volledige hoofstuk Romeine 9