Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 7:9-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Aan die begin was ek lewend sonder die geskrewe wet, maar toe die opdragte kom, het die sonde geleef en ek het gesterf

10. en die opdragte tot lewe, was vir my tot die dood,

11. want die sonde het die geleentheid aangegryp deur my te mislei deur die opdragte en my daardeur gedood.Yes 42:21

12. Die geskrewe wet is daarom afgesonderd en die opdragte is afgesonderd, regverdig en goed.

13. Het dit wat goed is daarom vir my tot die dood geword? ’n Verwerplike gedagte! Dit is egter sodat sonde as sonde gewys kan word deur die goeie, wat deur my dood vervolmaak is en sonde des te meer veroordeel kon word deur die opdragte,

14. want ons weet dat die geskrewe wet vanuit die gees is, maar ek is vanuit die vlees verkoop aan die sonde,

15. want wat ek doen, verstaan ek nie en dit is ook nie enige iets wat ek gekies het nie, maar dit wat ek gehaat het, dit het ek gedoen.Ps 19:8,9

16. As ek enige iets doen wat ek nie wil nie, dan getuig ek dat die geskrewe wet goed is,

17. maar dat dit nie nou ek is wat dit doen nie, maar die sonde wat in my bly,

18. want ek weet dat in my, dit is in my vlees, die goeie nie bly nie, want dit is maklik vir my om bly te wees oor die goeie, maar ek kan dit nie doen nie,

19. want die goeie wat ek gekies het om te doen, het ek nie gedoen nie, maar die bose wat ek nie wou doen nie, dit het ek gedoen.

20. As ek enige iets doen wat ek nie wou nie, dan was dit nie ek wat dit gedoen het nie, maar die sonde wat in my bly.

21. Ek vind dus ’n wet, wat met my gewete saamstem, wat kies om die goeie te doen omdat die bose naby my is,

22. want ek verheug my in die wet van God vanuit die innerlike mens,

23. maar ek sien ’n ander wet in my lede wat oorlog maak teen die wet van my gewete en my gevange hou aan die wet van die sonde wat in my lede is.

Lees volledige hoofstuk Romeine 7