Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 5:12-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. net soos deur die hand van een mens die sonde in die heelal ingekom het

13. Tot by die geskrewe wet wás daar al sonde in die wêreld, maar dit is nie as sonde toegereken nie omdat daar geen geskrewe wet was nie,

14. maar die dood het geheers van Adam af tot by Moshe, ook oor hulle wat nie presies gesondig het in die oortreding van ’n opdrag soos Adam, wat ’n beeld is van Hom wat sou kom, nie.

15. Die onverdiende geskenk is nie dieselfde as die oortreding nie, want as deur die oortreding van die één baie dood is, hoeveel te meer het die onverdiende guns van God in oorvloed na baie gekom deur die geskenk, deur onverdiende guns, van die een Mens, Yeshua, Die Gesalfde Een.

16. Die gevolg van die geskenk is nie dieselfde as die gevolg van één se sonde nie, want deur één het oordeel gekom tot verdoeming, maar die onverdiende geskenk is vir baie oortredinge tot verklaring van onskuld,

17. want as die dood, as gevolg van die oortreding van die één, geheers het deur die één, veel meer sal húlle, wat die oorvloedigheid van die onverdiende guns ontvang, wat die geskenk van onpartydige opregtheid is, heers in dié lewe deur die Één, Yeshua, Die Gesalfde Een;

18. daarom dan, net soos alle mense skuldig bevind is deur een se oortreding, so ook sal daar deur die onpartydige opregtheid van Een, oorwinning tot lewe wees vir alle mense,

19. want net soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie sondaars geword het, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie onskuldig word.

20. Die geskrewe wet is bygevoeg sodat die sonde meer sou word en waar die sonde meer geword het, het die onverdiende guns nog uitermate meer geword

21. sodat, net soos die sonde geheers het deur die dood, so ook die onverdiende guns kan heers deur onpartydige opregtheid tot die ewige lewe deur ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.

Lees volledige hoofstuk Romeine 5