Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 15:7-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. As gevolg hiervan moet julle mekaar aanvaar en verdra, net soos Die Gesalfde Een julle ook aanvaar het tot die eer, lof en aanbidding van God.

8. Ek sê dat Yeshua, Die Gesalfde Een, ’n Dienaar geword het van die besnydenis ter wille van die waarheid van God, om so die belofte aan die vaders te bevestig.2 Sh'm 22:50; Ps 18:50

9. Die ander nasies sal ter wille van Sy onverdiende guns God kan eer, loof en aanbid, soos geskrywe is: “Ek sal U loof saam met die ander nasies en tot U Outoriteit en Karakter lofprysing sing.”Deut 32:43

10. Ook sê dit: “Verbly julle, nasies, saam met Sy volk.”Ps 117:1

11. Ook sê dit: “Loof יהוה, alle nasies en prys Hom, alle volke.”Yes 11:10

12. Yesha’yahu sê ook: “Daar sal ’n Wortel van Yishai kom, wat opstaan om oor die nasies te heers en in Hom sal die nasies ’n versekerde verwagting hê.”

Lees volledige hoofstuk Romeine 15