Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 15:3-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. want ook Die Gesalfde Een het Homself nie tevrede gestel nie, maar net soos geskrywe is: “Die verwyte van die wat U beledig, het op My geval.”

4. Alles wat van die ou tyd af geskryf is, is geskryf vir ons tot lering sodat ons deur volhardende geduld en vertroosting vanuit die Skrifte ’n versekerde verwagting kan hê.

5. Mag die God van volhardende geduld en vertroosting gee dat julle mekaar met gelykheid ag in Yeshua Die Gesalfde Een

6. sodat julle God, die Vader van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, met een gedagte en uit een mond kan eer, loof en aanbid.

7. As gevolg hiervan moet julle mekaar aanvaar en verdra, net soos Die Gesalfde Een julle ook aanvaar het tot die eer, lof en aanbidding van God.

8. Ek sê dat Yeshua, Die Gesalfde Een, ’n Dienaar geword het van die besnydenis ter wille van die waarheid van God, om so die belofte aan die vaders te bevestig.2 Sh'm 22:50; Ps 18:50

9. Die ander nasies sal ter wille van Sy onverdiende guns God kan eer, loof en aanbid, soos geskrywe is: “Ek sal U loof saam met die ander nasies en tot U Outoriteit en Karakter lofprysing sing.”Deut 32:43

10. Ook sê dit: “Verbly julle, nasies, saam met Sy volk.”Ps 117:1

11. Ook sê dit: “Loof יהוה, alle nasies en prys Hom, alle volke.”Yes 11:10

12. Yesha’yahu sê ook: “Daar sal ’n Wortel van Yishai kom, wat opstaan om oor die nasies te heers en in Hom sal die nasies ’n versekerde verwagting hê.”

13. Die God van versekerde verwagting sal julle vol maak met alle blydskap, vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid deur die vertroue sodat julle oorvloedig kan wees in Sy versekerde verwagting deur die krag van die Gees van Afsondering!

Lees volledige hoofstuk Romeine 15