Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 15:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ons wat sterk is, is dit verskuldig om die swakhede van die wat nie sterk is nie te dra en nie onsself tevrede te stel nie,

2. want elkeen van ons moet ons medemens tevrede stel in dit wat goed is tot opbouing,Ps 69:10

3. want ook Die Gesalfde Een het Homself nie tevrede gestel nie, maar net soos geskrywe is: “Die verwyte van die wat U beledig, het op My geval.”

4. Alles wat van die ou tyd af geskryf is, is geskryf vir ons tot lering sodat ons deur volhardende geduld en vertroosting vanuit die Skrifte ’n versekerde verwagting kan hê.

5. Mag die God van volhardende geduld en vertroosting gee dat julle mekaar met gelykheid ag in Yeshua Die Gesalfde Een

6. sodat julle God, die Vader van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, met een gedagte en uit een mond kan eer, loof en aanbid.

7. As gevolg hiervan moet julle mekaar aanvaar en verdra, net soos Die Gesalfde Een julle ook aanvaar het tot die eer, lof en aanbidding van God.

Lees volledige hoofstuk Romeine 15