Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 11:23-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Ook hulle sal egter, as hulle nie in hulle tekort aan vertroue bly nie, ingeënt word, want God is magtig om hulle weer in te ent,Yog 15:1-7

24. want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild is en teen die natuur in op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul natuurlike olyfboom ingeënt word?Luk 21:24

25. Ek wil hê, my broers, dat julle hierdie geheimenis moet ken sodat julle nie wys mag wees in julle opinie van julleself nie: dat die verblinding gedeeltelik oor Yisra’el se verstand, wil en emosie gekom het totdat die volheid van die ander nasies ingegaan hetYes 59:20-21

26. en dan sal die hele Yisra’el gered word, soos geskrywe is: “Die Verlosser sal uit Tziyon kom en sal die boosheid wegdraai van Ya’akov afYes 27:9; Yes 42:6; Yes 49:8

27. en dan sal My verbond, wat uit My Teenwoordigheid kom, wanneer Ek hulle sondes vergewe, met hulle wees.”

28. Wat die goeie boodskap betref, is hulle vyande ter wille van julle, maar wat betref dat hulle gekies is, is hulle díé vir wie Ek lief is ter wille van die vaders,

29. want God verander nie in Sy geskenke en in Sy roeping nie,

30. want soos julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou voorkeur ontvang het as gevolg van hulle ongehoorsaamheid,

31. so het hulle ook nou ongehoorsaam geword om deur julle omgeedaad aan hulle ook God se omgeedaad te kan ontvang,

32. want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit, om vir almal te kan omgee.

33. O, die diepte van die rykdom, wysheid en kennis van God, want die mens het nie Sy oordele opgesoek en nie Sy paaie nagevolg nie,Yes 40:13; Iyov 15:8

34. want wie het die gedagtes van יהוה geken, of wie was Sy raadgewer?

35. Wie het eerste iets vir Hom gegee en dan iets terug ontvang?Iyov 40:1-14; Iyov 42:1-6

36. Want vanuit Hom en in Hom en deur Hom is alle dinge tot Sy lofprysing en seën tot in tydlose ewigheid. Dit is waar.1 Kef 2:5 dit is julle logiese dienswerkEks 25:2

Lees volledige hoofstuk Romeine 11