Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 9:12-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Die eerste ‘wee’ het verbygegaan. Let op, hierna kom daar nog twee ‘weë!’

13. Na hierdie dinge het die sesde engel geblaas en ek het ’n stem gehoor vanuit die vier horings van die goue altaar wat voor God is

14. en dié het aan die sesde engel met die ramshoring gesê: “Maak die vier engele los wat vasgebind is by die groot rivier, die Eufrates;”

15. en die vier engele is losgemaak, wat gereed gemaak is vir dié uur, dag, maand en jaar, om ’n derde van die mense dood te maak.

16. Die getal van die berede soldate was tweehonderd miljoen (200 0000)! Ek het hulle getal gehoor.

17. Op hierdie manier het ek in die visioen die perde gesien en die wat op hulle sit, met borsplate van vuur, jakinth en swael. Die koppe van die perde was soos leeukoppe en vuur, swael en rook het uit hulle bekke uitgegaan.

18. Deur hierdie drie plae is ’n derde van die mense doodgemaak deur die vuur, die rook en die swael wat uit hulle bekke uitgegaan het,

19. want die outoriteit van die perde is in hulle bekke en in hulle sterte.Ps 115:4-7; Ps 135:15-17; Dan 5:23 of om demone en afgode van goud, silwer, koper, hout en klip, wat nie kan sien, hoor of beweeg, te aanbid nie

20. Die res van die mense, wat nie deur hierdie plae doodgemaak is nie, het ook nie weggedraai van die werke van hulle hande nie,

21. en nie weggedraai van hulle moorde, hulle toordery, heksery en van hulle seksuele immoraliteit nie.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 9