Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 6:2-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Ek het gehoor en gesien, let op, daar was ’n wit perd en hy wat daarop sit, het ’n boog en aan hom is ’n kroon gegee en hy het uitgegaan om te oorwin en het oorwin en oorwinning gegee.

3. Toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede wese sê: “Kom!”

4. ’n Perd, ’n rooie, het uitgegaan en aan hom wat daarop sit, is gegee om die vrede van die aarde af weg te vat sodat elkeen sou doodmaak en ’n groot swaard is aan hom gegee.

5. Toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde wese sê: “Kom!” Let op, ’n swart perd en hy wat daarop sit, het ’n weegskaal in sy hand

6. en ek het ’n stem tussen die vier wesens hoor sê: “’n Kilogram graan vir ’n denarion en drie kilogram gars vir ’n denarion en moenie die olyfolie en die wyn beskadig nie.”

7. Toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde wese sê: “Kom!”

8. Ek het gesien en let op, daar was ’n bleek perd en hy wat daarop sit se karakter en outoriteit is ‘Dood’ en Sh’ol het by hom aangesluit. Aan hom is outoriteit gegee om ’n kwart van die wêreld dood te maak met die swaard, hongersnood, dodelike siektes en deur die wilde diere van die aarde.

9. Toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die geeste van dié wat vermoor is ter wille van die boodskap van God en ter wille van die getuienis wat hulle van Yeshua gehad hetPs 79:10

Lees volledige hoofstuk Openbaring 6