Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 4:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Let op, ná hierdie dinge het ek ook ’n oop deur in die hemel gesien en die eerste Stem, wat ek soos ’n ramshoring met my hoor praat het, het gesê: “Kom op hierheen en Ek sal jou wys wat bepaal is om ná hierdie dinge te gebeur.”

2. Dadelik was ek in die Gees en, let op, daar staan ’n troon in die hemel en op die troon sit Hy!

3. Hy wat daarop sit het soos die stene rooi-kwarts-jaspis en rooi en wit sardius (robyne) gelyk en rondom die troon, wat gelyk het soos ’n smarag, was ’n reënboog.

4. Rondom die troon was daar vier en twintig trone en op die trone het die vier en twintig oudstes gesit, aangetrek in wit klere en met goue krone op hulle koppe

5. en daar het weerligte, donderslae en stemme vanuit die troon uitgegaan en sewe brandende lampe was voor dit, wat die sewe Geeste van God is.

6. Voor die troon was daar ’n see van glas wat soos kristal gelyk het en in die middel, rondom die troon, was daar vier wesens vol oë van voor en van agter.Yeg 1:5

7. Die eerste wese was soos ’n leeu, die tweede wese het gelyk soos ’n kalf, die derde wese het ’n gesig gehad soos van ’n mens en die vierde wese het gelyk soos ’n arend wat vlieg.Eks 3:14

Lees volledige hoofstuk Openbaring 4