Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 3:12-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Wie volhard totdat die oorwinning behaal is, sal Ek ’n pilaar in die tempel van God maak en hy sal daar nie weer uitgaan nie en Ek sal op hom die Naam van My God en die naam van die stad, die nuwe Yerushalayim, wat vanaf My God afdaal en My nuwe Naam, skryf.

13. Die een wat ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.’

14. Skryf vir die boodskapper van die gemeente van die Laodikeine: ‘Dít sê die Versekerde Waarheid, die Vertrouenswaardige en ware Getuie en die Hoof van die skepping van God:

15. Ek ken jou dade, dat jy nie koud of warm is nie, want dit is nodig dat jy of koud sal wees, of warm

16. en jy is lou en nie koud of warm nie. Ek gaan jou uit My mond uitspoeg,Deut 8:17,18; Yir 9:22,23; Hos 12:9 en het niks nodig nie’ en jy verstaan nie dat jý siek, bejammeringswaardig, arm en kaal is nie.

17. want jy sê: ‘Ek is ryk en welvarend

18. Ek beveel aan dat jy van My goud, wat deur vuur gesuiwer is, koop sodat jy voorspoedig kan word en wit klere sodat jy jou kan aantrek en die skande van jou kaalheid nie gewys word nie en oogsalf om jou te salf sodat jy kan sien.

19. Ek bestraf en dissiplineer dié wat Ek liefhet. Wees daarom ywerig en keer terug.

20. Let op, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en luister en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom eet en hy met My.

21. Aan hom wat volhard totdat die oorwinning behaal is, sal Ek gee om saam met My op My troon te sit, net soos Ek die oorwinning behaal het en saam met My Vader op Sy troon sit.

22. Wie ook al ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees vir die gemeentes sê.’”

Lees volledige hoofstuk Openbaring 3