hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Skryf vir die boodskapper wat in die gemeente in Sardis is: ‘Dít sê Hy wat die sewe Geeste van God en sewe sterre het: “Ek ken jou dade, dat jy ’n naam het dat jy leef, maar dat jy dood is.

2. Wees waaksaam en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om dood te gaan, want Ek het jou dade onvolmaak voor God gevind.1 Thes 5:2; 2 Kef 3:10

3. Onthou hoe jy ontvang en gehoor het en doen dít en keer terug. As jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ’n dief en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou sal afkom nie,

4. maar daar is vir My ’n paar name in Sardis wat nie hulle klere bevuil het nie en hulle loop voor My in wit klere en hulle is waardig.

5. Hy wat op hierdie manier volhard totdat die oorwinning behaal is, sal aangetrek word met wit klere en Ek sal nie sy naam uitvee uit die boekrol van die lewe nie en Ek sal sy naam bely voor My Vader en voor Sy engele.

6. Wie ook al ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.’Yes 22:22

7. Skryf aan die boodskapper van die gemeente in Filadelfeia: Dít sê HaKadosh (die Afgesonderde Een), die Waarheid; Hy wat die sleutel van Dawid het; Die Een wat oopmaak en daar is niemand wat sluit nie en sluit en daar is niemand wat oopmaak nie.

8. “Ek ken jou dade. Let op, Ek het voor jou ’n oop deur gegee en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het My boodskap uitgevoer en My Karakter en Outoriteit (Naam) nie verwerp nie.

9. Let op, Ek kies uit die bymekaarkomplek van die teëstander, van dié wat van hulleself sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg. Let op, Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerval en weet dat Ek jou liefhet

10. omdat jy My boodskap van volharding uitgevoer het, sal Ek jou ook beskerm in die tyd van toetsing, wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde te toets.

11. Ek kom gou! Hou vas wat jy het, dat iemand nie dalk jou kroon wegvat nie.

12. Wie volhard totdat die oorwinning behaal is, sal Ek ’n pilaar in die tempel van God maak en hy sal daar nie weer uitgaan nie en Ek sal op hom die Naam van My God en die naam van die stad, die nuwe Yerushalayim, wat vanaf My God afdaal en My nuwe Naam, skryf.

13. Die een wat ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.’

14. Skryf vir die boodskapper van die gemeente van die Laodikeine: ‘Dít sê die Versekerde Waarheid, die Vertrouenswaardige en ware Getuie en die Hoof van die skepping van God:

15. Ek ken jou dade, dat jy nie koud of warm is nie, want dit is nodig dat jy of koud sal wees, of warm

16. en jy is lou en nie koud of warm nie. Ek gaan jou uit My mond uitspoeg,Deut 8:17,18; Yir 9:22,23; Hos 12:9 en het niks nodig nie’ en jy verstaan nie dat jý siek, bejammeringswaardig, arm en kaal is nie.

17. want jy sê: ‘Ek is ryk en welvarend

18. Ek beveel aan dat jy van My goud, wat deur vuur gesuiwer is, koop sodat jy voorspoedig kan word en wit klere sodat jy jou kan aantrek en die skande van jou kaalheid nie gewys word nie en oogsalf om jou te salf sodat jy kan sien.

19. Ek bestraf en dissiplineer dié wat Ek liefhet. Wees daarom ywerig en keer terug.

20. Let op, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en luister en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom eet en hy met My.

21. Aan hom wat volhard totdat die oorwinning behaal is, sal Ek gee om saam met My op My troon te sit, net soos Ek die oorwinning behaal het en saam met My Vader op Sy troon sit.

22. Wie ook al ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees vir die gemeentes sê.’”