Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 22:5-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. en daar sal geen nag wees nie en hulle het geen lig, lamp of sonlig nodig nie omdat יהוה-God vir hulle lig gee en hulle Koning vir tydlose ewigheid is.

6. Hy het vir my gesê: “Hierdie boodskappe is vertrouenswaardig en waar en יהוה, God van die gees van die afgesonderde profete, het my, Sy engel, gestuur om vir Sy diensknegte te wys wat gou moet gebeur.

7. Let op, Ek kom gou. Geseënd is die een wat die boodskap van die profesie van hierdie boekrol gehoorsaam.”

8. Ek is Yoganan, wat hierdie dinge gesien en gehoor het en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek voor die voete van die engel, wat my hierdie dinge gewys het neergeval om te aanbid.

9. Hy het vir my gesê: “Profeet, nee! Ek is ’n medeslaaf saam met jou en jou broers, die profete en van hulle wat die boodskap van hierdie boekrol gehoorsaam. Aanbid God.”Dan 12:4,9

10. Hy het ook vir my gesê: “Moenie die boodskap van die profesie van hierdie boekrol verseël nie, want die tyd is naby.

11. Hy wat die bose doen, sal weer boosheid doen en wie besoedel is, sal hom weer laat besoedel en die onskuldige sal weer doen wat onpartydig opreg is en die afgesonderde sal weer afgesonder word.”

12. “Let op, Ek kom dadelik en My beloning is by My en Ek sal vir elkeen gee volgens sy dade.Yes 44:6 die Oorsprong en die Afhandeling.

13. Ek is Alef en Ek is Tau, die Eerste en die Finale,Mat 19:17; Yog 14:15

14. Geseënd is dié wat Sy opdragte gehoorsaam, want hulle sal outoriteit hê om te gaan na die boom van die lewe en sal ingaan deur die poorte in die stad in.

15. Buitekant is die seksuele oortreders, die moordenaars, die aanbidders van afgode, die besoedeldes, towenaars en alle sieners en werkers van die leuen.Mik 5:1; Yog 8:58 en die Nakomeling van Dawid, sy KameraadYir 33:17; Mat 1:6; Luk 1:32 en die helder Môrester.2 Kef 1:19

16. Ek, Yeshua, het My boodskapper gestuur om hierdie dinge teenoor julle te getuig voor die gemeentes. אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Wortel

17. Die Gees en die bruid sê: “Kom!” Laat hom wat hoor, sê: “Kom!” Laat hom wat dors het, kom en die water van die lewe neem, sonder koste.

18. Ek getuig teenoor elkeen wat die boodskap van die profesie van hierdie boek hoor: wie ook al by hierdie dinge byvoeg, God sal die plae, waarvan in hierdie boekrol geskrywe is, op hom sit

Lees volledige hoofstuk Openbaring 22