hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy het vir my ’n skoon rivier van die water van die lewe gewys, helder soos kristal, wat uitstroom vanuit die troon van God en van die Lam.

2. In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe, wat twaalf vrugte voortbring en elke maand sy vrugte gee en sy blare vir die genesing van die volke

3. en daar sal geen vloeke wees nie en die troon van God en van die Lam sal daarin wees en sy diensknegte sal Hom bedien.

4. Hulle sal Sy aangesig sien en Sy Karakter en Outoriteit (Naam) sal tussen hulle oë weesYeg 43:7

5. en daar sal geen nag wees nie en hulle het geen lig, lamp of sonlig nodig nie omdat יהוה-God vir hulle lig gee en hulle Koning vir tydlose ewigheid is.

6. Hy het vir my gesê: “Hierdie boodskappe is vertrouenswaardig en waar en יהוה, God van die gees van die afgesonderde profete, het my, Sy engel, gestuur om vir Sy diensknegte te wys wat gou moet gebeur.

7. Let op, Ek kom gou. Geseënd is die een wat die boodskap van die profesie van hierdie boekrol gehoorsaam.”

8. Ek is Yoganan, wat hierdie dinge gesien en gehoor het en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek voor die voete van die engel, wat my hierdie dinge gewys het neergeval om te aanbid.

9. Hy het vir my gesê: “Profeet, nee! Ek is ’n medeslaaf saam met jou en jou broers, die profete en van hulle wat die boodskap van hierdie boekrol gehoorsaam. Aanbid God.”Dan 12:4,9

10. Hy het ook vir my gesê: “Moenie die boodskap van die profesie van hierdie boekrol verseël nie, want die tyd is naby.

11. Hy wat die bose doen, sal weer boosheid doen en wie besoedel is, sal hom weer laat besoedel en die onskuldige sal weer doen wat onpartydig opreg is en die afgesonderde sal weer afgesonder word.”

12. “Let op, Ek kom dadelik en My beloning is by My en Ek sal vir elkeen gee volgens sy dade.Yes 44:6 die Oorsprong en die Afhandeling.

13. Ek is Alef en Ek is Tau, die Eerste en die Finale,Mat 19:17; Yog 14:15

14. Geseënd is dié wat Sy opdragte gehoorsaam, want hulle sal outoriteit hê om te gaan na die boom van die lewe en sal ingaan deur die poorte in die stad in.

15. Buitekant is die seksuele oortreders, die moordenaars, die aanbidders van afgode, die besoedeldes, towenaars en alle sieners en werkers van die leuen.Mik 5:1; Yog 8:58 en die Nakomeling van Dawid, sy KameraadYir 33:17; Mat 1:6; Luk 1:32 en die helder Môrester.2 Kef 1:19

16. Ek, Yeshua, het My boodskapper gestuur om hierdie dinge teenoor julle te getuig voor die gemeentes. אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Wortel

17. Die Gees en die bruid sê: “Kom!” Laat hom wat hoor, sê: “Kom!” Laat hom wat dors het, kom en die water van die lewe neem, sonder koste.

18. Ek getuig teenoor elkeen wat die boodskap van die profesie van hierdie boek hoor: wie ook al by hierdie dinge byvoeg, God sal die plae, waarvan in hierdie boekrol geskrywe is, op hom sit

19. en wie ook al iets van die boodskap van hierdie profesie uit die boekrol wegvat, God sal sy deel wegvat uit die boekrol van die lewe en uit die afgesonderde stad uit, die dinge waarvan in hierdie boekrol geskryf is.

20. Toe Hy hierdie dinge getuig het, het Hy gesê: “Ja, Ek kom gou.” Kom, יהוה-Yeshua!

21. Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een bly by al Sy afgesonderdes. Dit is waar!