Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 22:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy het vir my ’n skoon rivier van die water van die lewe gewys, helder soos kristal, wat uitstroom vanuit die troon van God en van die Lam.

2. In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe, wat twaalf vrugte voortbring en elke maand sy vrugte gee en sy blare vir die genesing van die volke

3. en daar sal geen vloeke wees nie en die troon van God en van die Lam sal daarin wees en sy diensknegte sal Hom bedien.

4. Hulle sal Sy aangesig sien en Sy Karakter en Outoriteit (Naam) sal tussen hulle oë weesYeg 43:7

5. en daar sal geen nag wees nie en hulle het geen lig, lamp of sonlig nodig nie omdat יהוה-God vir hulle lig gee en hulle Koning vir tydlose ewigheid is.

6. Hy het vir my gesê: “Hierdie boodskappe is vertrouenswaardig en waar en יהוה, God van die gees van die afgesonderde profete, het my, Sy engel, gestuur om vir Sy diensknegte te wys wat gou moet gebeur.

7. Let op, Ek kom gou. Geseënd is die een wat die boodskap van die profesie van hierdie boekrol gehoorsaam.”

8. Ek is Yoganan, wat hierdie dinge gesien en gehoor het en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek voor die voete van die engel, wat my hierdie dinge gewys het neergeval om te aanbid.

9. Hy het vir my gesê: “Profeet, nee! Ek is ’n medeslaaf saam met jou en jou broers, die profete en van hulle wat die boodskap van hierdie boekrol gehoorsaam. Aanbid God.”Dan 12:4,9

10. Hy het ook vir my gesê: “Moenie die boodskap van die profesie van hierdie boekrol verseël nie, want die tyd is naby.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 22