Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 20:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek het ’n ander engel vanaf die hemel gesien met die sleutel van die bodemlose put en ’n groot ketting in sy hand

2. en hy het die draak gegryp, die ou slang, wat die valse aanklaer en die teëstander is en hy het hom vasgebind vir ’n duisend jaar lank

3. en hom in die bodemlose put gegooi, hom toegesluit, die bokant toegemaak en verseël sodat hy nie meer al die nasies sou mislei nie. Na hierdie jare is dit gegee om hom vir ’n kort tydjie los te maak.Dan 7:9-10,22

4. Ek het trone gesien en hulle wat daarop sit, is gegee om te oordeel. Die geeste wat afgesny is as gevolg van die getuienis van Yeshua en as gevolg van die boodskap van God en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie en ook nie die merk tussen hulle oë of op hulle hand ontvang het nie, hulle het geleef en saam met Die Gesalfde Een regeer, vir ’n duisend jaar lank.

5. Hierdie is die eerste opstanding.Eks 19:6; Yes 61:6; 1 Kef 2:9 en sal saam met Hom vir ’n duisend jaar lank regeer.

6. Geseënd en afgesonderd is hy wat deel het aan die eerste opstanding. Oor hulle het die tweede dood geen outoriteit nie, maar hulle sal priesters van God en van Die Gesalfde Een wees

7. Wanneer die duisend jaar verby is, sal die teëstander uit sy gevangenis vrygelaat word

Lees volledige hoofstuk Openbaring 20