Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 19:8-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Skoon en glansende fyn linne is aan haar gegee om aan te trek, want fyn linne is die opregtheid van die afgesonderdes.”

9. Hulle sê vir my: “Skryf: geseënd is die wat geroep is na die feesmaal by die bruilof van die Lam.” Een sê vir my: “Hierdie is die ware boodskap van God.”

10. Ek het voor sy voete neergeval en hom aanbid en hy het vir my gesê: “Nee! Ek is jou medeslaaf en die van jou broers, wat die getuienis van Yeshua het. Aanbid eerder God, want die getuienis van Yeshua is die gees van profesie.

11. Ek het die hemel gesien oopgaan en let op, daar was ’n wit perd en Hy wat daarop sit word genoem: Vertrouenswaardig en Waar en Hy is onpartydig opreg in oordeel en in oorlogvoering.

12. Sy oë was soos vlamme van vuur en op Sy kop was baie krone en Sy Naam wat op Hom geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hyself.Yog 1:1

13. Hy is aangetrek met klere deurweek in bloed en Sy Naam is: Die Boodskap van God.Z’kh 14:5 aangetrek met wit, skoon, fyn linne

14. Die leërs van die hemel was saam met Hom op wit perde,Ps 2:9 en Hy trap die parskuip van die wyn van die woede van God, wat alles vashou, uit.

15. en uit hulle monde gaan daar skerp swaarde uit waarmee hulle die nasies sal doodmaak en Hy sal vir hulle ’n Herder met ’n ysterstaf wees

16. Op Sy klere, oor Sy heup, is die Naam geskryf: die Koning van die konings en die Meester van die meesters.

17. Ek het ’n ander engel sien staan in die son en hy het met ’n harde stem uitgeroep en vir die voëls wat in die lug vlieg gesê: “Kom hier bymekaar vir die groot feesmaal van God,

18. om die vleis van konings, die vleis van bevelvoerders oor ’n duisend, die vleis van soldate, die vleis van perde en van die wat daarop sit, die vleis van vrymense, sowel as slawe, klein, sowel as groot, te kan eet.”

19. Ek het die dier en sy leërmag en die konings van die aarde en hulle soldate gesien wat bymekaargekom het om oorlog te maak teen Hom wat op die perd sit en teen Sy leër.Yeg 38:22; Dan 7:11

Lees volledige hoofstuk Openbaring 19