Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 18:4-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Ek het ’n ander stem uit die hemel hoor sê: “Gaan uit haar uit, My volk sodat julle nie deel kry aan haar sondes en nie van haar plae ontvang nie,

5. want die sondes in haar het opgestapel tot by die hemel en God het haar boosheid in herinnering geroep.

6. Betaal haar terug, soos wat sy ander terugbetaal het en verdubbel dit vir haar volgens haar dade. Skink vir haar dubbel, in die beker waarin sy geskink het.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 18