Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 14:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek het gesien, let op, die Lam staan op die berg Tziyon en saam met Hom een honderd vier en veertig duisend met Sy Karakter en Outoriteit (Naam) en die Karakter en Outoriteit (Naam) van Sy Vader tussen hulle oë geskryf.Yeg 1:24; Yeg 43:2 en soos die geluid van harde donderslae en ek het die geluid gehoor van ’n harpspeler wat op sy harp speel

2. Ek het ’n geluid vanaf die hemel gehoor soos die geluid van baie waters

3. en hulle het ’n nuwe lofprysingslied voor die troon gesing, voor die vier wesens en voor die oudstes en niemand kon die lied leer nie, behalwe die een honderd vier en veertig duisend wat vanaf die aarde vrygekoop is.

4. Dit is hulle wat hulself nie met vroue besoedel het nie en maagdelik is; dit is hulle wat vashou aan die Lam, waar Hy ook al heengaan; dit is hulle wat gekoop is vanuit die mense, as eerste vrugte vir God en vir die Lam,Tz’f 3:13 want hulle is sonder fout.

5. want in hulle mond is daar geen valsheid gevind nie,

6. Ek het ’n ander engel met die Ewige Goeie Boodskap deur die hemel sien vlieg om aan alle nasies, stamme, tale en volke te verkondig; aan die wat op die aarde bly.

7. Hy het met ’n harde stem gesê: “Vrees en respekteer God en gee Hom eer, lof en aanbidding, want die tyd van Sy oordeel het gekom en aanbid Hom, wat die hemel, die aarde, die see en die waterfonteine gemaak het.”Yes 21:9 wat al die nasies laat drink het van die hartstog van haar seksuele immoraliteit.”

Lees volledige hoofstuk Openbaring 14