Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 12:7-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Daar was oorlog in die hemel: Mikha’el en sy engele het oorlog gevoer teen die draak en die draak en sy engele het baklei

8. en hulle kon nie uithou nie en daar kon ook nie ’n plek vir hulle in die hemel gevind word nie.

9. Die groot draak is neergegooi, die hoof slang wat die valse aanklaer en die teëstander genoem word, wat die hele wêreld verlei, is neergegooi op die aarde en sy engele saam met hom.

10. Ek het ’n harde stem vanuit die hemel hoor sê: “Nou is die bevryding, die krag en die koningskap vanaf ons God, want die aanklaer van ons broers is neergegooi, hy wat hulle dag en nag beskuldig het voor ons God

11. en hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die boodskap van Sy getuienis en hulle het hulle lewe, tot die dood toe, nie liefgehad nie.

12. Daarom, wees verheug, hemel en die wat daarin bly. Wee die aarde en die see, want die teëstander het na julle toe afgekom met groot woede omdat hy weet dat hy min tyd het.”

13. Toe die draak sien dat hy neergegooi is op die aarde, het hy die vrou, wat geboorte gegee het aan die Seun, vervolg.

14. ’n Groot arend se twee vlerke is vir die vrou gegee sodat sy na die wildernis, na haar plek daar, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang versorg word, ’n tyd, tye en ’n halwe tyd.

15. Die slang het water, soos ’n rivier, uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg, om haar te laat meesleur deur die water

16. en die aarde het die vrou gehelp deur sy mond oop te maak en die rivier, wat die draak uit sy bek uitgespoeg het, in te sluk.

17. Die draak was woedend vir die vrou en hy het gegaan om oorlog te voer teen haar en dié wat oorgebly het van haar Seun, dié wat die opdragte van God nakom en die getuienis van Yeshua vashou.Dan 7:3, 7, 8, 20, 25

Lees volledige hoofstuk Openbaring 12