hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Groot teken het in die hemel verskyn: ’n vrou, wat met die son aangetrek is, met die maan onder haar voete en op haar kop ’n kroon van twaalf sterre

2. en sy was verwagtend; sy het uitgeroep en was in kraam en was beangs om geboorte te gee.Dan 7:7,24 en op sy koppe was sewe krone.

3. ’n Ander teken het in die hemel verskyn en let op, daar was ’n groot draak van vuur met sewe koppe en tien horings

4. Sy stert het ’n derde van die sterre van die hemel saamgesleep en hulle op die aarde gegooi. Die draak het voor die vrou, wat op die punt was om geboorte te gee, gestaan sodat hy haar Seun kon opeet, sodra sy geboorte gegee het.Mik 5:2,3 Wat al die nasies, as Herder, met ’n ystersepter sou regeer en haar Seun is weggeruk na God en Sy troon.Yeg 37:24; Yog 10:16

5. Sy het geboorte gegee aan die Seun,

6. Die vrou het na die wildernis gevlug, waar die plek was wat God vir haar voorberei het sodat sy vir eenduisend twee honderd en sestig dae lank versorg sou word.

7. Daar was oorlog in die hemel: Mikha’el en sy engele het oorlog gevoer teen die draak en die draak en sy engele het baklei

8. en hulle kon nie uithou nie en daar kon ook nie ’n plek vir hulle in die hemel gevind word nie.

9. Die groot draak is neergegooi, die hoof slang wat die valse aanklaer en die teëstander genoem word, wat die hele wêreld verlei, is neergegooi op die aarde en sy engele saam met hom.

10. Ek het ’n harde stem vanuit die hemel hoor sê: “Nou is die bevryding, die krag en die koningskap vanaf ons God, want die aanklaer van ons broers is neergegooi, hy wat hulle dag en nag beskuldig het voor ons God

11. en hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die boodskap van Sy getuienis en hulle het hulle lewe, tot die dood toe, nie liefgehad nie.

12. Daarom, wees verheug, hemel en die wat daarin bly. Wee die aarde en die see, want die teëstander het na julle toe afgekom met groot woede omdat hy weet dat hy min tyd het.”

13. Toe die draak sien dat hy neergegooi is op die aarde, het hy die vrou, wat geboorte gegee het aan die Seun, vervolg.

14. ’n Groot arend se twee vlerke is vir die vrou gegee sodat sy na die wildernis, na haar plek daar, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang versorg word, ’n tyd, tye en ’n halwe tyd.

15. Die slang het water, soos ’n rivier, uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg, om haar te laat meesleur deur die water

16. en die aarde het die vrou gehelp deur sy mond oop te maak en die rivier, wat die draak uit sy bek uitgespoeg het, in te sluk.

17. Die draak was woedend vir die vrou en hy het gegaan om oorlog te voer teen haar en dié wat oorgebly het van haar Seun, dié wat die opdragte van God nakom en die getuienis van Yeshua vashou.Dan 7:3, 7, 8, 20, 25