Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 11:5-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. en as iemand hulle wil skade aandoen, gaan daar vuur uit hulle mond en verteer hulle vyande;

6. Hulle het outoriteit om die lugruim toe te sluit sodat daar tydens die dae van hulle profesie geen reën val nie en hulle het outoriteit oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te slaan met allerhande plae, so veel as wat hulle wil.

7. Wanneer hulle getuienis voltooi is, sal die dier wat uit die see uit opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak

8. en hulle lyke sal op die straat van die groot stad, wat geestelik S’dom en Mitzrayim genoem word, waar hulle Meester gekruisig is, lê.

9. Mense vanuit die volke, stamme, tale en nasies sal hulle lyke drie en ’n halwe dag lank sien en nie toelaat dat hulle lyke in grafte gelê word nie.

10. Die bewoners van die aarde sal bly wees oor hulle en hulle verheug en sal vir mekaar geskenke stuur, as gevolg van dié twee profete wat die bewoners van die aarde gepynig het.

11. Ná drie en ’n halwe dag het ’n gees van lewe vanaf God in hulle ingegaan en hulle het op hulle voete gaan staan en die Gees van lewe het op hulle geval en groot vrees het die wat hulle gesien het, oorval

12. en hulle het ’n harde stem uit die hemel vir hulle hoor sê: ‘Kom op hierheen!’ Hulle het opgegaan na die hemel in ’n wolk en hulle vyande het na hulle gestaar.

13. Op daardie oomblik het daar ’n groot aardbewing gekom en een uit elke tien stede het geval en sewe duisend mense is in die aardbewing dood en die ander het bang geword en aan God wat in die hemel is eer, lof en aanbidding gebring.”

Lees volledige hoofstuk Openbaring 11