hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Riet, soos ’n staf, is aan my gegee en die engel het gestaan en gesê: “Staan op en meet die tempel van God, die altaar en dié wat daar aanbid,

2. maar die buitekant om die binnehof van die tempel moet jy uitsluit en dit nie meet nie, want dit is aan die ander nasies gegee en hulle sal die afgesonderde stad twee en veertig maande lank vertrap

3. en Ek sal My twee getuies gee om vir een duisend twee honderd en sestig (1260) dae lank te profeteer, aangetrek in sakke.Z’kh 4:3,14 en die twee kandelare wat voor die Meester van die hele aarde staan

4. Hulle is die twee olyfbomeYir 5:14 so is dit gegee dat hulle wat hul wil seermaak, doodgemaak word.

5. en as iemand hulle wil skade aandoen, gaan daar vuur uit hulle mond en verteer hulle vyande;

6. Hulle het outoriteit om die lugruim toe te sluit sodat daar tydens die dae van hulle profesie geen reën val nie en hulle het outoriteit oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te slaan met allerhande plae, so veel as wat hulle wil.

7. Wanneer hulle getuienis voltooi is, sal die dier wat uit die see uit opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak

8. en hulle lyke sal op die straat van die groot stad, wat geestelik S’dom en Mitzrayim genoem word, waar hulle Meester gekruisig is, lê.

9. Mense vanuit die volke, stamme, tale en nasies sal hulle lyke drie en ’n halwe dag lank sien en nie toelaat dat hulle lyke in grafte gelê word nie.

10. Die bewoners van die aarde sal bly wees oor hulle en hulle verheug en sal vir mekaar geskenke stuur, as gevolg van dié twee profete wat die bewoners van die aarde gepynig het.

11. Ná drie en ’n halwe dag het ’n gees van lewe vanaf God in hulle ingegaan en hulle het op hulle voete gaan staan en die Gees van lewe het op hulle geval en groot vrees het die wat hulle gesien het, oorval

12. en hulle het ’n harde stem uit die hemel vir hulle hoor sê: ‘Kom op hierheen!’ Hulle het opgegaan na die hemel in ’n wolk en hulle vyande het na hulle gestaar.

13. Op daardie oomblik het daar ’n groot aardbewing gekom en een uit elke tien stede het geval en sewe duisend mense is in die aardbewing dood en die ander het bang geword en aan God wat in die hemel is eer, lof en aanbidding gebring.”

14. Let op, twee weë het verbygegaan en let op, die derde ‘wee’ kom dadelik.

15. Die sewende engel het geblaas en daar was harde stemme in die hemel wat sê: “Die koninkryk van die wêreld het die Koninkryk van ons God en van Sy Gesalfde Een geword en Hy sal heers vir tydlose ewigheid.”

16. Die vier en twintig oudstes wat in die Teenwoordigheid van God op hulle trone sit, het op hulle gesigte geval, God aanbidEks 3:14,15 want U het U groot krag opgeneem en geheers.

17. en gesê: “Ons dank U, יהוה-God, wat alles vashou, wat is en wat was,

18. Die nasies was woedend en U woede het gekom en die tyd dat die wat dood is, geoordeel sal word en U beloning sal gee aan U diensknegte, die profete, aan die afgesonderdes en aan dié wat U Outoriteit en Karakter respekvol vrees, klein en groot en U sal hulle wat die aarde korrup gemaak het vernietig.”Yir 3:16

19. Die tempel in die hemel is oopgemaak en die ark van die verbond is in Sy tempel gesien en daar was weerlig, stemme, donderslae, aardbewings en groot hael.