Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 11:2-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. maar die buitekant om die binnehof van die tempel moet jy uitsluit en dit nie meet nie, want dit is aan die ander nasies gegee en hulle sal die afgesonderde stad twee en veertig maande lank vertrap

3. en Ek sal My twee getuies gee om vir een duisend twee honderd en sestig (1260) dae lank te profeteer, aangetrek in sakke.Z’kh 4:3,14 en die twee kandelare wat voor die Meester van die hele aarde staan

4. Hulle is die twee olyfbomeYir 5:14 so is dit gegee dat hulle wat hul wil seermaak, doodgemaak word.

5. en as iemand hulle wil skade aandoen, gaan daar vuur uit hulle mond en verteer hulle vyande;

6. Hulle het outoriteit om die lugruim toe te sluit sodat daar tydens die dae van hulle profesie geen reën val nie en hulle het outoriteit oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te slaan met allerhande plae, so veel as wat hulle wil.

7. Wanneer hulle getuienis voltooi is, sal die dier wat uit die see uit opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak

Lees volledige hoofstuk Openbaring 11