Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 9:28-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Nadat Hy in die huis ingegaan het, kom die blindes na Hom toe en Yeshua sê vir hulle: “Vertrou julle dat Ek in staat is om dit te doen?” Hulle sê vir Hom: “Ja, ons Meester.”

29. Toe raak Hy hulle oë aan en sê: “Laat dit vir julle wees net soos julle vertrou”

30. en onmiddellik het hulle oë oopgegaan en Yeshua het hulle ernstig beveel en gesê: “Let op dat niemand daarvan weet nie.”

31. Hulle het egter weggegaan en dit in die hele gebied bekend gemaak.

32. Terwyl hulle weggaan, bring hulle ’n doofstom persoon, wat deur ’n demoon beheer word, na Yeshua toe

33. en nadat die demoon uitgegaan het, het die doofstom persoon gepraat. Die skare mense het hulle verwonder en gesê: “So iets is nog nooit in Yisra’el gesien nie,”

34. maar die Fariseërs het gesê: “Deur die prins van die demone dryf Hy die demone uit.”

35. Yeshua het rondgegaan na al die stede en dorpe en in hulle bymekaarkomplekke geleer en die goeie boodskap van die Koninkryk verkondig en elke siekte en elke pyn onder die mense genees.

36. Toe Hy die groot groep mense sien, het Hy liefdevol vir hulle omgegee omdat hulle uitgeput was en rondgedwaal het, soos skape wat geen herder het nie.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 9