Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 5:19-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Enige een, wat daarom aan een van die minste van hierdie opdragte ongehoorsaam is en ander só leer, sal die minste genoem word in die Koninkryk van die hemel, maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die Koninkryk van die hemel,

20. want Ek sê vir julle dat, as julle onpartydige opregtheid nie baie meer is as dié van die leraars van die wet en die Fariseërs nie, julle sekerlik nie in die Koninkryk van die hemel sal ingaan nie!Eks 20:13 en dat elkeen wat moord pleeg, verantwoording moet doen voor die gereg,

21. Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: ‘Moenie moord pleeg nie,’

22. maar Ek sê vir julle dat elkeen wat sy broer verkeerdelik kwaad maak, veroordeeld is voor die gereg en elkeen wat vir sy broer sê: ‘Ek spoeg op jou!’ (Raka) is veroordeeld voor die vergadering en elkeen wat sê: ‘Jy is ’n lafaard!’ is veroordeeld tot die vuur van die Hel.

23. As jy dan jou offer na die altaar toe bring en jy daar onthou dat jou broer iets teen jou hou,

24. los jou offer daar by die altaar en gaan herstel die verhouding met jou broer en kom dan en offer jou offer.

25. Kom gou tot ’n vergelyk met iemand wat jou hof toe vat terwyl jy nog saam met hom op die pad is sodat hy jou nie miskien oorgee aan die regter en die regter jou oorgee aan die belastinggaarders en jy in die gevangenis gegooi word nie!

26. Dit is waar wat Ek vir jou sê, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy nie die laaste deel van ’n sent betaal het nie.Eks 20:14

27. Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: ‘Moenie egbreuk pleeg nie,’

28. maar Ek sê vir julle dat ’n man wat na ’n vrou kyk met die doel om haar te begeer, daardie oomblik, egbreuk pleeg met haar in sy gedagtes, wil en emosie.

29. As jou regteroog jou laat sondig, ruk dit uit en gooi dit weg! (Verwyder slegte dinge voor jou oë). Dit is vir jou beter dat jy een van jou ledemate verloor as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 5