Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 5:17-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Moenie dink dat Ek gekom het om die Wet of die Profete te ontrafel nie. Ek het nie gekom om te ontrafel nie, maar om volledig uit te lê,Deut 4:2; Deut 12:32; Spr 30:6

18. want dit is waar wat Ek vir julle sê: ‘Totdat die hemel en die aarde verby sal gaan, sal nie een ‘yud’ of een ‘strepie’ van die wet verbygaan voordat dit alles klaar gebeur het nie.’

19. Enige een, wat daarom aan een van die minste van hierdie opdragte ongehoorsaam is en ander só leer, sal die minste genoem word in die Koninkryk van die hemel, maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die Koninkryk van die hemel,

20. want Ek sê vir julle dat, as julle onpartydige opregtheid nie baie meer is as dié van die leraars van die wet en die Fariseërs nie, julle sekerlik nie in die Koninkryk van die hemel sal ingaan nie!Eks 20:13 en dat elkeen wat moord pleeg, verantwoording moet doen voor die gereg,

21. Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: ‘Moenie moord pleeg nie,’

22. maar Ek sê vir julle dat elkeen wat sy broer verkeerdelik kwaad maak, veroordeeld is voor die gereg en elkeen wat vir sy broer sê: ‘Ek spoeg op jou!’ (Raka) is veroordeeld voor die vergadering en elkeen wat sê: ‘Jy is ’n lafaard!’ is veroordeeld tot die vuur van die Hel.

23. As jy dan jou offer na die altaar toe bring en jy daar onthou dat jou broer iets teen jou hou,

24. los jou offer daar by die altaar en gaan herstel die verhouding met jou broer en kom dan en offer jou offer.

25. Kom gou tot ’n vergelyk met iemand wat jou hof toe vat terwyl jy nog saam met hom op die pad is sodat hy jou nie miskien oorgee aan die regter en die regter jou oorgee aan die belastinggaarders en jy in die gevangenis gegooi word nie!

26. Dit is waar wat Ek vir jou sê, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy nie die laaste deel van ’n sent betaal het nie.Eks 20:14

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 5