Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 4:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe is Yeshua, deur die Gees, na die wildernis gelei om getoets te word deur die teëstander.

2. Nadat Yeshua vir veertig dae en nagte gevas het, was Hy honger

3. en die versoeker het nadergekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, beveel dan hierdie klippe om brood te word.”Deut 8:3; `Am 8:11; Yeg 6:48-; Yog 7:37

4. Hy antwoord egter: “Daar is geskrywe: ‘’n Mens leef nie van brood alleen nie, maar van elke Woord wat uit die mond van God kom’.”

5. Toe bring die teëstander Hom na die afgesonderde stad en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staanPs 91:11,12

6. en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af, want daar is geskrywe: ‘Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U. Hulle sal U op hulle hande dra sodat U nie U voete teen die klippe kan stamp nie’.”Deut 6:16

7. Yeshua antwoord hom: “Daar is egter óók geskrywe: ‘Jy mag יהוה, jou God, nie toets nie’.”

8. Weereens neem die teëstander Hom op na die hoë punt van menslike ambisies en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle volle eer, lof en aanbidding

9. en sê vir Hom: “Al hierdie dinge sal ek aan U gee, as U sal neerval en my aanbid.”Deut 6:13; Deut 10:20; Luk 4:8

10. Toe sê Yeshua vir hom: “Gaan weg, jou teëstander, want daar is geskrywe: ‘Aanbid יהוה, jou God en dien Hom alleen’.”

11. Daarna het die teëstander Hom alleen gelaat en let op, engele het nadergekom en Hom bedien.

12. Toe Yeshua gehoor het dat Yoganan gearresteer is, het Hy na die Galil gegaan

13. en Hy het Natzeret verlaat en gaan bly in K’far-Nagum aan die see, naby die grens tussen Z’vulun en Naftali

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 4