Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 25:20-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. en die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring nog vyf talente en sê: ‘My meester, vyf talente het u vir my gegee; ek het nog vyf talente bygevoeg’

21. en sy meester sê vir hom: ‘Goed so, goeie en betroubare slaaf, oor ’n bietjie was jy betroubaar, oor baie sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou meester.’

22. Die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: ‘My meester, twee talente het u aan my gegee; ek het nog twee talente bygevoeg.’

23. Sy meester sê vir hom: ‘Goed so, goeie en betroubare slaaf, oor ’n bietjie was jy betroubaar, oor baie sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou meester.’

24. Die een wat een talent ontvang het, kom ook en sê: ‘My meester, ek het u geken dat u ’n harde man is wat oes waar u nie gesaai het nie en bymekaarmaak waar u nie gedors het nie

25. en ek was bang. Ek het gegaan en u talent in die grond begrawe. Let op, dit wat aan u behoort.’

26. Sy meester antwoord en sê vir hom: ‘Jou slegte en lui slaaf, jy het geweet dat ek oes waar ek nie gesaai het nie en bymekaarmaak waar ek nie gedors het nie.

27. Dit was jou plig om my geld by die geldwisselaars in te gee en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het.

28. Neem dan die talent van hom af weg en gee dit aan die een wat die tien talente het,

29. want aan elkeen wat het, sal gegee word en dit sal vir hom vermenigvuldig word, maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word, ook wat hy het

30. en gooi die nuttelose slaaf uit in die buitenste duisternis; daar sal ’n gehuil wees en gekners van tande.’

31. Wanneer die Seun van die mens in Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid kom en al die afgesonderde engele saam met Hom, dan sal Hy sit op Sy troon van eer, lof en grootheid

32. en voor Hom sal al die nasies bymekaargemaak word en Hy sal hulle van mekaar skei net soos die skaapwagter die skape van die bokke skei

33. en Hy sal die skape aan Sy regterhand en die bokke aan Sy linkerhand laat staan.

34. Dan sal die Koning vir dié aan Sy regterhand sê: ‘Kom, julle geseëndes van My Vader, kom erf die Koninkryk wat vir julle voorberei is vanaf die ontstaan van die heelal af,

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 25