Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 24:46-51 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

46. Geseënd is daardie slaaf vir wie sy meester, as hy kom, só besig sal vind.

47. Dit is waar, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel,

48. maar as daardie slaaf boos is en in sy gedagtes sê: ‘My meester neem lank om te kom’

49. en hy sy medeslawe begin slaan en saam met die dronkaards eet en drink,

50. dan sal die meester van daardie slaaf op ’n dag kom dat hy dit nie verwag nie en op ’n uur wat hy nie weet nie

51. en hy sal hom vreeslik slaan en sy deel sit by die toneelspelers van vals karakters. Daar sal ’n gehuil wees en gekners van tande.”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 24